Vuurvoël

aa eb Vuurvoel Voorblad 300x188Die goeie lewe ontwyk ons soos ’n hersingskim, soos die onsigbare Ouboet in een van die verhale in hierdie bundel. Soms hou ons van gerugte wat ons hoor, soms ontstel dit ons, maar ons hou driftig aan met soek na daardie iets wat alles die moeite werd gaan maak. Soms dink ons ons het gevind wat ons soek, soos die (middeljarige) Bevryde Man op ’n nudiste strand in Europa waar onbevange seks in die openbaar aan die orde van die dag is.

Soms word alles net te veel en word noukeurige planne beraam om vir ewig ’n einde aan alles te maak, soos Oom Karel dalk gedoen het, of Lappies, wie se bedagsaamheid elke selfmoord plan komies in die wiele ry. Maar dan het die lewe self ander planne vir hom (en vir ons?) in gedagte.

Deur spot en deur ironie ontbloot die skrywer die illusies en sotlikhede, die drome en eiewaan van die mensdom, soos die jagters op Hunters Retreat waar die jag van diere bysaak word en seks ontvlugting bied. Maar ons sien ook die durf en die broosheid van die enkeling in sy worsteling teen die pyn  van bestaan, soos om te besluit om, ten spyte van alles, `n kans op lewe aan te gryp Ter Wille van Ma.

Uiteindelik is ons almal Waarnemers van die lewe, maar waarnemers wat nie onaangeraak gelaat word deur dit wat om ons gebeur nie. Soms het ons ’n keuse oor waarheen ons op pad is, en kan ons wegdraai van die onaanvaarbare, van die onmeetlik brutale, van die Oorlog.

Maar soms is daar geen omdraai nie, en speel ons die gekkespul tot die bitter einde, soos die Vuurvoël.

Koop dit HIER en NOU:

Beskikbaar vir Nook, Kobo, Sony, iBook & Kindle by:   Smashwords

Ook beskikbaar vir Kindle by:  Amazon

 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s