Water in Wyn in Bloed

Water in Wyn in Bloed

Gebore as vergelding, en uit berekende ambisie, sal sy lewe nooit sy eie wees nie. Onvanpas in die gemeenskap waarin hy hom bevind, word Chris meegesleur deur omstandighede buite sy beheer. Omstandighede geskep deur Maria, wat haar eie onnergang bewerkstellig.

Op die sypaadjie voor die kerk staan Chris alleen en onrustig, half angstig na die mense en kyk… Dit is ‘n begrafnis, maar wie se begrafnis is dit? ‘n Begrafnis wat aanvanklik verloop soos alle ander begrafnisse, maar dan ontaard in ‘n tragie-komiese tweegeveg tussen Oudominee en twee formidabele teenstanders… ‘n jong meisie in ‘n obseen kort, swart rokkie en ‘n lang maer man met ‘n lang swart jas en ‘n woeste bos hare.

Op die oppervlak lyk alles doodnormaal en rustig op die plattelandse dorpie, maar deur die loop van die verhaal word die immorele, skynheilige en gewelddadige siel van die gemeenskap ontbloot. Ou geheime word uitgelap, bekentenisse word gemaak, skandes word opgediep en alles word geleidelik tot die lig gebring terwyl die eksentrieke speurdersersant Hendrina Brandt (vernoem na sy ouma aan vaderskant) genadeloos op ‘n reeksmoordenaar se spoor bly. Hy is oortuig daar is ‘n moord, of moorde, gepleeg, maar niemand glo hom nie.

‘n Geheimsinnige Moeder-orde hou middernagtelike seksorgies met duistere motiewe, terwyl ‘n bloedige leierskapstryd woed waarin die “sagmoedige”, maar ambisieuse Maria ‘n sentrale, koelbloedig berekende rol speel. En dit alles begin by die bloedjong, rebelse Maria wat haar onskuld in die biesies by die rivier verloor waar sy die mooiste, mooiste kaal jong man ontmoet.

Die eboek is beskikbaar by

           

Koop die gedrukte slapband uitgawe hier vir R190 – posgeld ingesluit:







Shipping Address
* Line 1
Line 2
* City
* Province
* Country
* Postal Code